Sunday 22 June 2014

of friends and frivolities

Sodra vreemdelinge uitvind dat ek by Stellenbosch studeer, word ek die onafwendbare vraag gevra - geniet jy dit? My antwoord is altyd dieselfde. Ja, baie beslis, ek is ongelooflik gelukkig. 

Hierdie stelling kan deels toegeskryf word aan Die Akademie. Ek het immers baie geleer & 'n lekker verskeidenheid kennis bekom. Antieke Kulture - allerbeste mitologie en 'n wille toer Duitsland toe; Visuele Studies - Dada4Life; Afrikaans en Nederlands wat my geleer het om nooit 'ek het myself by die partytjie geniet nie' te seg...; Geskiedenis - een van my dosente was 'n Blues musikant en (natuurlik) good ol' English. Ek worstel maar met die honneurs (tesis* djy wiet mos), maar minstens kan ek spog en jou met my kennis van translation theory, kontemporêre Suid-Afrikaanse vroueskrywers & die werk van Lacan, Foucault en Bahktin beïndruk. (INTELLECTUAL MASTURBATION AMIRITE. sug)


*'n vriend van my -'n 31-jarige komponis wat tans besig is om sy meestersgraad in iets musikaal te voltooi - hou vol dat ek nie na my honneurs navorsingstuk as 'n 'tesis' mag verwys, maar whatevz. 

Maar die nr. 1 rede waaraan ek my geluk kan toeskryf, is die mense wat ek ontmoet het. Die vriende wat ek gemaak het. Kinners met wie ek rerig die res van my lewe bevriend sal wees. Dit klink dalk idealisties en corny, maar #feite. 

Ek het 'n groot verskeidenheid vriende, wat strek van beswaardes van Bellville tot acid-nemers van Knysna. Up-and-coming kunstenaars, antropoloeë, bioloeë, depressiewe digters, hard-hitting joernaliste, surfende wiskundiges en gewese-Shofars. Dit is juis die beswaarde van Bellville wat 'n groot indruk op my gemaak het. Ou Rudi. Oor wie ek binnekort iets interessant kan skryf...
Ek & Sonja-die-gewese-Shofar in haar koshuiskamer (2013) na 'n bottel verjaarsdag-sjampanje. Ons verskil soos dag en nag, maar dit beteken bloot dat ons mekaar goed uitbalanseer .. Sonja droom in Latyn, is sushi-behep en glo dat sy koninklike bloed het.

'n Dronk satyr in Munich. Ek's seker ons sou goed bevriend wees. Haha. Eintlik is Alex van belang. Ons is ongelukkig nie meer vriende nie, maar ek hoop om dinge eendag met hom reg te maak. Alex is baie diep, lees Nietzsche vir plesier, dra handgebreide truie en praat vlot Afrikaans alhoewel hy van Durban kom.

Sjampanje-Sonja. Sy verdien rêrig 'n blaaskans. HIPER-HARDWEKEND EN ALL-ROUNDER. 

My goeie vriend André by 'n Koos Kombuis show in Aandklas. Hy beplan 'n trip deur Afrika volgende jaar en ek hoop om by hom aan te sluit. André is 'n kranige & bekwame ruiter, praat  Frans en studeer BComm. Hy't 'n djas huis in Nieuwoudtville en hou nie van Bruce Springsteen nie.

Lindi, Shivvy, Amir by 'n behoorlike Mystics (ahem, Mistakes) aand. Losbandige Lindi is my sielsgenoot, Shivvy is 'n beeldskone, saggeaarde, feë jie-agtige chemie student & haar boyfriend Amir praat Farsi en is lief vir die omgewing/enigiets groen. wen-wen kombinasie!

My mooiste Maike wat laasjaar 'n graad in Skone Kunste verwerf het. Sy herinner my (en almal wat haar ontmoet) aan Cassie van Skins. Haar foon is op die dag wat hierdie foto geneem is in Mystics gesteel. Maike het 3 keer in een semester haar studentekaart verloor, eet graag naartjies en geniet dit om shitty sigarette met my te rook. 

Martinus. Eintik een van Klara se bff's, maar ons vriendskap het gegroei soos ons saam by Stellenbosch fuif. Hy is eintlik rerig sexy, hierdie is maar net sy gatvol-vir-syfers-gesig. Martinus is die guy om te bel as jy iewers gestrand en sans voertuig is. En vir roosterkoek by Stomme. En praat oor Fiela se Kind. Of blokfluite. Your call.

Pierre in sy hobo-chic attire wat aan die snerpende koue van Junie/Julie/Augustus 2013 toegeskryf word... Ek het hom waaay te lanklaas gesien! Pierre is op meer medikasie as enigiemand anders wat ek ken en is altyd keen vir 'n sigaret op die rooipleingras. Asook bokswyn op Bohemia se stoep. hartjie hartjie 

Yaseen! Aaaah! Wonderlike wonderlike Yaseen! Hy werk tans vir die DA en het nie sy graad gekry nie alhoewel ons mekaar belowe het dat 2014 die Jaar van die Graad gaan wees. Uitgaan met Yaseen is altyd 'n memorable ervaring. Van dans tot wie-weet-watter-tyd in Langstraat tot opeindig in Academia met totale vreemdelinge. (Klara, ek's ook lief vir jou)

Crystal en Emma. Ek ken vir Emma sedert 2001 waar ons op Vleesbaai se duine ontmoet het. Emma sê   nie nee vir 'n gin & tonic nie, is altyd bok vir boogie board in vlak branders en ons kan ure om verwyl deur net oor seuns te praat. Sy's 'n model student, met 'n model persoonlikheid daarby. How do I begin to explain Crystal Farmer? Ek gaan nie eers probeer nie. Al wat ek met sekerheid kan sê is dat sy my bff & naaste vriendin is, wat vir lank lolz sorg. En tyd vir bier en sigarette. Soveel sigarette. Soos woah.

Khanyiso! My mentee van laasjaar! So 'n drama queen as dit kom by haar akademiese prestasies, alhoewel sy basically als cum. What a bright spark. Sy beteken baie vir my en ek's bly dat ons mentor-mentee verhouding tot vriendskap en rooiwyn gelei het. Haar boyfriend herinner haar baie aan my. Khanyiso praat 3 tale, neem my op die beste dates en onthou altyd om geleende boeke terug te gee.

Ben en Klara se Vleesbaai-selfie. Ben is trés intellectual, betaal graag vir koffie, eet te veel McDonald's, skep wonderlike musiek en BRING DIE GEES SO HARD. Hy't net partykeer sigarette, maar altyd 'n goeie teenwoordigheid. 

Angus. Die ander helfte van Mangus (mila and angus) die naam wat ons tydens jool vir onsself gegee het. Baie wyn, ente, Russian trap, Gogol Bordello en lawaai. Angus is a trust fund baby met'n liefde vir  Northern Lights, films, trance, elektronika, die natuur en Dinsdae-aande by Stomme.

Anna. Die sexyste sloth-liefhebber wat jy ooit sal teëkom. My part-time lesbian lover en full-time vriend en confidant. Sy lees cool boeke, maak juweliersware en kan fietsry met 'n bottel wyn in haar hand. She's a keeper.

Gert, wat op ouderdom 8 Atlanta, Georgia toe emigreer het waar hy as 'Gurt' bekendstaan. Bohemia se voor-sewe-en-na-nege special, tesame met 'n pizza, is ons thang. Gert studeer ingenieurswese en loop rond met indrukwekkende gadgets in 'n kosblik-dingetjie. Hy sing ongelooflik mooi, Pulp graag, het kleurvolle musse en het eenkeer per ongeluk 'n groep 30-jariges opgechat.

Bianca en Dawid. Ek was vir 'n ruk met Biana op skool en Dawid is my gunsteling Doenige Daaf/Daaf Vader/Beskaafde Daaf/deeltydse familielid. Dawid is een van die vrolikste mense denkbaar, geniet sy kardoes rooi, weet van musiek en IT, klee en voed jou in jou tyd van noot en kyk New Girl met Spaanse onderskrifte as hy babeleer.

Rudi met 'n glas wyn by de Vette Mossel. Ons vriendsap wentel om alkohol verorber, zane skaaf, kakpraat, besin oor dinge, musiek luister en 'n nimmereindigende hunkering na 'n ordentlike aand by DSJ.

Gert in sy groen onesie vir St Paddy's day :D dat schlong.

Ek en liewe losbandige Lindi. Mens ken nie werklik iemand tot mens kaal met hulle deur die Tankwa Karoo gehardloop het nie en in daardie opsig kan ek met baie trots en blydskap se dat ek Lindi beslis ken. 


No comments:

Post a Comment