Wednesday, 10 February 2016

die boerie bra buite die mystic boer

Ek benader die skraal man wat op die vensterbank van die praktyk langsaan die Happy Oak in Andringastraat sit en rook. Geklee in ’n rooi seilbaadjie, verslonsde broek en verbasende glitzy skoene, sy donker vel verlig deur die smeulende kooltjie. 

Hy staan op soos hy my sien aankom en glimlag breed. Hierdie man is Rene, die 53-jarige Bangladeshi wat snags Stellenbosch se studente van boereworsrolletjies en samoesas voorsien.

Notaboek en pen in die hand herinner ek hom daaraan dat ek graag met hom wil praat. Why me? wil hy weet. Hy lyk gevlei en oorbluf. Ek verduidelik die klasopdrag – om ’n profiel oor ’n alombekende, tog anonieme mens in Stellenbosch te skryf. 

Hy neem my arm liggies en ons gaan sit op die vensterbank waar hy etlike minute gelede gerook het. Hy maak hom gemaklik en begin praat.

Rene en sy skelrooi boerewors-grill is Woensdae en oor die naweek te vind buite die studente-suipkuile van Catwalk, Terrace, Stones, Brazens, Bohemia en Die Mystic Boer. 

Hierdie saggeaarde en welgesproke man is al vir agt jaar in Stellenbosch, maar sy  “long history ... long history” by hom bly, soos hy sy kop skud en in die verte tuur.

Sy lewe tot op hede is gekenmerk deur geweld, bloeddors, verlies, en eensaamheid. Die Indo-Pakistani Oorlog van 1971, waaroor hy met oorgawe en baie insig kan praat, het die dood van sy broer veroorsaak, en Rene is gedwing om uit Indië te vlug.

Hy is as politieke banneling na Sjina toe, waar hy my gerusstel dat hy huisvesting kon kry en ‘goeie mense’ geken het.

Hy steek nog ’n sigaret aan en teug ingedagte daaraan soos hy my begin vertel van sy geskiedenis graad wat hy by die Universiteit van Macau verwerf het. 

Sy belangstelling in die verlede, en veral Indië se geskiedenis, spoor my aan om te vra wat hy van Mohandas Gandhi dink. “Gandhi?” vra-sê hy met ’n glimlag op sy gesig, “Mahatma Gandhi is my favourite person.”

Rene is, om redes wat nie duidelik gemaak is nie, Tanzanië toe, waar hy met sy aankoms van sy paspoort ontneem is. Hy beduie na sy voete en vertel hoe hy ook van sy skoene beroof is. 

Kopskuddend en met ’n frons geëts op sy voorkop, gaan hy voort met sy relaas, en begin praat oor Suid-Afrika; oor die kruidenierswarewinkel wat hy in die weskus besit het, die spaza winkel in Kaapstad, sy  werk vir Food Lover’s Market, waar hy ’n skamele bedrag vir sy lang ure ontvang het.

Dit bring ons tot op hede – Rene het tydens sy maande by Food Lover’s Market begin dink aan boereworsrolletjies en samoesas verkoop, ná hy besef het hoe goed sy voorganger – ’n man wat destyds op Stellenbosch se sypaadjies gestaan het, skottelbraai aan sy sy – gevaar het. Sy lewe, deurvlek met “big trouble ... big trouble,” het tans ’n mate van stabiliteit bereik.

Rene, wil ek uiteindelik weet, hou jy van boerewors?

Hy glimlag.

“Of course. Why not?”

Why not, indeed.

DOOKOOM - LARNEY JOU POES



Dookom volgens Danie 







Ek is dus nie bang vir Dookoom se woorde of video nie. Ek is bang vir die kruitvat wat hulle uitbeeld en waaroor hulle rap.


Ter voorbereiding vir 'n kunsjoernalistiek-lesing moes ek Dookoom se "Larney jou poes" kyk en Danie Marais se kommentaar daarop lees. Marais takel die hede m.b.t. die verlede op 'n deurdagte wyse & ontbloot die rou realiteit van wat Suid-Afrika werklik is, in 'n groter konteks as jou middelklas-opbrengs. Hierdie is real, mense.