Friday, 23 January 2015

gospel my nou, gospel my gou

“You’re going to be the only white person on the bus, Mila.”

“I know, Crystal.”

Crystal wat gereeld met opwinding deur die Somaliese-eienaars van die Goue Snoepwinkel gevra word om in foto’s te pose, omdat sy so eksoties lyk.

Dis net voor 13h op ’n snikheet Dinsdag in George. Die City to City (Shitty to Shitty) bus is amper ’n uur laat.

Sven, Crystal se boyfriend en “the palest beach bum I know” sit-lê in die bestuursitplek, oë toe, hand op sy kop. “Fok, my kop is seer. Wie drink skoon whiskey shots? Fokken skoon whiskey shots...”

Ek probeer hom placate deur ’n pak lightly salted Lay’s aan te bied. Sven is gaande oor tjippies. Ek maak die Zigzag oop wat ek ingepak het vir die busrit Kaap toe, blaai daar deur en vra elke nou en dan vir Sven wat ’n woord beteken waarmee ek nie vertroud is nie.

In minder as vyf minute weet ek wat ’n grom is en wat ‘barreled’ beteken. Zigzag is eintlik ’n cool tydskrif, daar’s interessante artikels en mooi foto’s. Net ’n jammerte oor die tekort aan deeglike proeflesing. Lol. Alhoewel Sven vir jare surf haat hy die hele surf vibe – die vocab, konstante bru’s en bro’s, die over-confident stemme en elitist houdings. “Jis, ek haat dit.” Sy oë is nogsteeds toe en hy’t ’n gepynigde uitdrukking op sy gesig.

Crystal gil iets van agter in die bakkie. Ek besluit om vir Sven te los en die hitte te brace.

“Let’s entj while we wait," sê Crystal soos sy twee rollies begin rol. Ek stem in en ons twee staan soos disaffected youths in George se treinstasie se parkeerterrein.

Die vrou in die kar langs ons se venster is oop, haar lywige arm hang by die kar uit. Sy kyk ons skuins aan, haar oë op skrefies.

“Maybe you should call them and ask what’s up.”

Ja-nee. Dis nou al meer as ’n uur wat ons in die godverlate parkeerterrein wag. Nes ek begin skakel, sien ons ’n bus aankom. City to City emblazoned op sy sy. Yay! Huistoe! Ek omhels vir Crystal en Sven, tel my Hs Jan van Riebeeck sportsak op en stap in die rigting van die bus.

Ek staan ewe gedweë en kyk hoe die bestuurder mense se bagasie neem en in die ruim plaas. Whatever, dink ek, ek sal my sak self insit. Geen probleem. Toe nou nie.

“No, ma’am,” berispe hy my en sit my sak terug op die sypaadjie. “Where are you going, ma’am?”

“C-Cape Town,” stamel ek.

Ek het pas aangebied om hom ekstra moeite te spaar en al wat ek in ontvangs kry is ’n nors en kortaf nee, jy doen dit verkeerd, moenie my werk namens my doen nie.

“This is the Durban bus.”

Shiiiiiiiit. Het ek die Kaapstad bus gemis? Het ek die tye verkeerd gekry? Hoe lank sal dit neem om Durban toe te ry? Hoe lank sal dit neem vir my ouers om uit die Kaap uit te ry? Kan ek dalk vir Crystal en Sven terugbel? Gaan daar binnekort ’n ander bus Kaap toe vertrek waarop ek kan klim?

“Do you know when the Cape Town bus is arriving?”

“Twenty minutes.”

Phew, daar slaak ek ’n sug van verligting. Ek het my verniet so opgewerk gekry.

Ek tel my sak weer op (weet nie hoekom ek so groot sak ingepak het nie, ek dra al die afgelope drie dae dieselfde klere...) en gaan sit op die stasiestoep. Pluk my Zigzag uit en wonder oor my mede-passasiers. Die mense wat ek en Crystal vroeër dopgehou het het almal op die Durban bus geklim.

Skaars 10 minute later daag die bus op. Ek is nou ’n kenner in die veld van bagasie etiquette en wag totdat die bestuurder ’n sticker op my sak plak en dit in die ruim gooi. Time to board aweh aweh. Daar’s eers ’n opondhoud. Natuurlik. Lyk my ek het twee keer bespreek.

“Are you Maria Lucia de Villiers?”

Ek antwoord positief.

“Why did you book twice?”

Hahaha, my mistake. It’s just me, promise!

Die bestuurder lag en ek gaan neem ’n sitplek in. Die bus is besonders leeg en stil. Ek’s bly. Die afgelope twee aande was rof en ek wil slaap.

Soos ons George verlaat kyk ek by die venster uit en verbeel my dat ek in ’n ander land is. Ek ken die Suid-Kaap goed van lewenslange vakansies na Vleesbaai, maar verder as Mosselbaai weet ek nie mooi wat pomp nie. Dis mooi, besluit ek. See, strandmere, heuweltjies, vakansiegangers. Dit raak mettertyd vervelig en ek wend my na my foon.

My WhatsApp is besig om tiete te trip. As per usual. En my battery is amper pap. Shit, ek het my laaier by Sven-hulle in Vicbaai vergeet. Grrr.

So vier ure later begin ek rêrig gatvol raak vir busry. Als pyn. Die lugverkoeling is te koud. Dan te bedompig. Die mede-passasiers neem dooslank tydens ons “10 minutes only!” breaks. Hoeveel pies en Coke kan mens nou eintlik koop?

Toe gebeur die ergste. ’n Tienermeisie kom sit agter my. Foon in die hand. Dit beteken gewoonlik een van twee dinge – nimmereindigende SMS’e of (shudder) foonmusiek.  Yep, dis foonmusiek. Die donnerse foon speel die een oomblik kak R&B, die volgende soetsappige, blikkerige Gospel. Fok tog.  Hierdie vorm van subtiele marteling duur vir die hele laaste uur van die rit huis toe.

Ek’s so bly om uitendelik in die Kaap aan te kom dat ek nie eers omgee dat die wind waai, my planne vir die aand gekanselleer is en dat ek seker binnekort die nonsens wat ek in Vicbaai aangevang het moet face.



My ore is gospel-vry. En dis al wat vir nou saak maak.